Die DA in Tshwane gaan skriftelike voorleggings aan die Madlanga-kommissie van ondersoek doen nadat die party sekere bevindinge van sy eie oor beweerde tenderbedrog in die hoofstad gemaak het.
Dié bevindinge behels ʼn gemeenskaplik geregistreerde adres in die verre noorde van Pretoria wat die goue draad blyk te wees wat Eugene Modise, die adjunkburgemeester van Tshwane, en George Matjila, die stree...
