Imogan Mashazi, die voormalige stadsbestuurder van Ekurhuleni, en Linda Gxasheka, die metro se geskorste hoof van mensehulpbronne, is in die landdroshof in Germiston op borgtog vrygelaat.
Mashazi en Gxasheka is op borgtog van R50 000 elk vrygelaat. Hulle het Donderdag vir die eerste keer in die hof verskyn saam met adv. Khemraj Behari, die metro se geskorste hoof van regsdienste, en Julius Mkhwana...
